[Foto’s] ʼn ‘Reënboog’ in die kunsgalery

Plexus no. 35 deur Gabriel Dawe

Plexus no. 35 deur Gabriel Dawe

Gabriel Dawe, ʼn Meksikaans gebore kunstenaar, het ʼn merkwaardige mensgemaakte reënboog in die Toledo-kunsmuseum in Ohio, VSA, opgerig.

Dawe spesialiseer in gemengde media en installasies van gekleurde drade wat soos ligstrale binne beperkte ruimtes vertoon.

Die betrokke werk, Plexus no. 35, is nog tot 22 Januarie 2017 by die Toledo-museum te sien.

Volg hom op Instagram of besoek sy webwerf om van sy ander reënboog-kunswerke te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niccy ·

Baie mooi!…………….. maar dit kom nie naby ons Skepper sin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.