Foto’s: ʼn Vrou met vele gesigte

Sy kan selfs soos Hulk Hogan lyk (Foto: Bored Panda)

Lucia Pittalis verander haarself in Hulk Hogan met net grimering (Foto: Bored Panda)

Lucia Pittalis, ʼn grimeerkunstenaar van Rome, verander haar só suksesvol in karakters en bekendes met slegs grimering dat mens byna dink dis goëlery of oëverblindery!

Helaas nie. Dié grimeerkunstenares het haar liefde vir kuns, teater en musiek in ʼn artistieke projek ontwikkel waarin sy haar in meer as 15 verskillende bekendes getoor het.

“Jy kan jou in byna enige karakter verander! Ek koop oudhede soos pruike en bykomstighede, en dan bestudeer ek die karakter deur video’s en flieks te kyk,” het sy vertel.

Pittalis vertel ook sy gebruik glad nie prostese nie. Haar transformasies het van haar ʼn internetsensasie gemaak, en die foto’s is derduisende keer op Facebook gedeel.

Besoek haar Facebook-blad of YouTube-kanaal.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Whow, ek sal daarvan hou as ek haar kon dophou. Dit sal ‘n belewenis wees. Sy is baie, baie goed!

chris ·

Stem 100 % saam ‘n wonderlike gawe wat die vrou het !! Briljant is nie die woord nie !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.