Foto’s: Nege brandbestryders, nege babas

Foto: Rancho Cucamonga Firefighters/Facebook

Die Rancho Cucamonga-brandweerfamilie is vanjaar al nege babas ryker.

Die brandweer het foto’s van die babas op Facebook gedeel en gesê die nege babas is almal tussen Maart en Julie vanjaar gebore.

“Ons is opgewonde om ons RCFD-familie te sien groei!” lui die plasing. RCFD het ʼn spesiale fotosessie gehou om met die klein brandbestrydertjies te spog – boonop omring deur die brandweertoerusting.

Vir meeste van die pa’s is dit die eersteling, maar van die pa’s verwelkom reeds die vierde toevoeging tot hul kroos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Hulle brand nou seker om na werk by die huis te kom!

Oujongvrou ·

Raai watter maande is daar nie baie brande!! So mans is dan tuis.

WitBlits ·

Duidelik het hulle die verkeerde begrip van water pomp om die vure te bestry…

Francois ·

Daai brandweerders het HOPELOOS te veel tyd op hulle hande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.