Foto’s: Olifante keer dat vragmotor omval

Twee van die olifante keer dat die vragmotor omval Foto: Natchitoches Parish Sheriff, Facebook

Twee van die olifante keer dat die vragmotor omval Foto: Natchitoches Parish Sheriff, Facebook

Twee olifante het verhoed dat ʼn gestrande 18 wiel vragmotor omslaan nadat die voertuig langs die pad vasgeval het.

Die voorval het Dinsdagoggend in New Orleans plaasgevind. Die bestuurder van die vragmotor, waarin drie olifante vervoer is, het van die snelweg afgetrek toe die vragmotor vasgeval het en byna omgeslaan het. Die bestuurder is ook ʼn olifantafrigter. “Hy het die diere laat uitklim en hulle aangesê om teen die vragmotor te staan om dit te ondersteun,” het kapt. Tony Moran, woordvoerder van die polisie, gesê.

Moran het gesê dit was ʼn baie kreatiewe oplossing vir die probleem en die polisiebeamptes het glo verstom gestaan.

Die olifante is oorspronklik van Florida, Miami, en was op pad na ʼn sirkus in Dallas, Texas, toe die bestuurder in New Orleans stilgehou het.

Die olifante is ongedeerd en is verder vervoer.
Bron: Natchitoches Parish Sheriff

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mariana v T ·

Dis hoe God dit geskep het mens en dier behulpsaam tot mekaar. Ons moet ons diere oppas.

melissa ·

Om Olifante in ‘n sirkus te laat optree is veragtelik. Die diere is so slim. Dit behoort verban te word. Dit sou beter wees indien hulle in die ongeluk omgekom het.

EMK ·

Mens kan duidelik sien hoe die olifante “oorreed” is om te “help” – kyk maar an die stewige slaanding in die man se hand. Die arme goed het geweet hulle het geen keuse nie… Niks ouliks of kreatiefs aan hierdie nie!

EMK ·

Mens kan duidelik sien hoe die olifante “oorreed” is om te “help” – kyk maar na die stewige slaanding in die man se hand. Die arme goed het geweet hulle het geen keuse nie… Niks ouliks of kreatiefs aan hierdie nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.