[Foto’s] Onderwyser maak matriekafskeiddroom waar

(Foto: Facebook)

Dertien Amerikaanse leerders met spesiale behoeftes se matriekafskeiddroom het onlangs ʼn werklikheid geword.

Met die allermooiste rokke en snyerspakke het hulle verlede Saterdag in ʼn limousine geklim en ʼn uitsonderlike aand in Pocatello in die Amerikaanse deelstaat Idaho gehad.

Die leerders is in Potacello High School en die aand was alles te danke aan ʼn gemeenskap wat hul harte oopgemaak het – en ʼn onderwyser, Christian Colonel, wat alles gereël het.

ʼn Plaaslike fotograaf het sy dienste gratis aangebied en die leerders is gratis in ʼn limousine na die restaurant geneem. “Die sjef het voor die tyd geweet ons gaan kom en was oorgehaal vir ons,” vertel Colonel. “In die limousine het ons na Justin Bieber geluister. Die meisies is mal oor hom!”

Ná die ete is die leerders weer terug skool toe waar ʼn opskop gereël is. “Van die leerders het ʼn ogie op mekaar en kon met mekaar dans,” sê Colonel.

Die geleentheid lê Colonel baie naby aan die hart. “Ek sal dit graag elke jaar wil doen. Mense sê vir my ‘jy het hulle drome waar gemaak’, maar in werklikheid het hulle mý droom waar gemaak!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Landie ·

Pragtig gedaan mnr die onderwyser. Ek dink jy het inderdaad hulle drome waar gemaak. Lyk of dit ‘n heerlike aand vir die jongklomp was. :)

Kaye ·

Mnr Colonel as hierdie die vevolmaking van een van jou drome is wil ek vir jou se jy is in die regte nering en meer nog is jy ñ diamant vir daardie leerders. Dankie vir jou groot hart.

Dierbaar ·

Pragtige gebaar van die onderwyser en die gemeenskap! Daardie jongklop gaan dit vir altyd onthou! Well done Mr Colonel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.