Foto’s: Ongewone ‘troeteldier’ ná reddingspoging

Noah en Penguin Foto: Cameron Bloom

Noah en Penguin Foto: Cameron Bloom

ʼn Ekster genaamd Penguin, wat deur ʼn jong gesin in Newport in Australië gered en versorg is, kom kuier nou gereeld by die Bloom-gesin.

Penguin kom soek selfs skuiling wanneer dit reën.

Noah, nou 11 jaar oud, het Penguin in 2013 op die grond naby die biblioteek gevind. Noah en sy ouers, Cameron en Sam, en die ander twee kinders Reuben (13) en Oli (9), het die voëltjie versorg totdat sy sterk genoeg was om weer te kon vlieg, maar sy keer kort-kort terug.

Die ekster wag in die oggende totdat die gesin weg is voordat sy wegvlieg, en kom groet die kinders wanneer hulle terugkom van die skool af. “Dis soos ʼn hond wat stertswaaiend sit en wag – sy sit in die boom en klap haar vlerke wanneer sy opgewonde is,” het Noah se pa aan ABC News gesê.

Penguin het selfs haar eie Instagram-rekening.
Lees ook: ABC News en Daily Mail


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre Celliers ·

My suster het ‘n Tortelduif van kleins af grootgemaak. Sy’t tot speletjies gespeel met die duif, met tolletjies gare, “paperclips” penne en dies meer! Dit was ‘n vreugde om te aanskou!!
Die duif het uiteindelik uit die huis gevlieg en ‘n paar dae later daag sy op met haar nuwe vriend, wat saam met haar by die kombuisdeur invlieg. hulle altwee het ‘n rukkie gekuier en is toe weer vort, om nooit weer gesien te word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.