ʼn Merkwaardige foto van ʼn wesel wat agterop ʼn houtkapper se rug ʼn “saamrygeleentheid” gekry het, het sosiale media gaande.
Martin Le-May het die foto Maandag in die Hornchurch Country Park in Havering, Londen, geneem. Hy en sy vrou het die voël se lawaai gehoor en hy het ʼn paar foto’s geneem. Die voël het naby hulle geland en ongedeerd weggevlieg toe hy sy “passasier” afgelaai het.
Intussen versprei die oorspronklike foto soos ʼn veldbrand op sosiale media. ʼn Paar kunstenaars dryf die spot met die situasie deur karakters soos Russiese president Wladimir Poetin op die voël se rug in te teken (sien Twitter-voer onderaan die video of volg #weaselpecker op sosiale media).
Tweets about weaselpecker
Het die wesel net ‘n saamrygeleentheid gekry of het hy die houtkapper ge-hijack? HAHAHA.
Hy het net ‘n saamry geleetheid gekry want dit was in London, maar in die goeie ou Suid-Afrika sou dit ‘n geval van hijacking gewees het
Dit is n merkwaardige foto