Pretville is Hartiwoord-films se splinternuwe Afrikaanse musiekrolprent.
Die talentvolle rolprentspan wat vir die 2010-treffer Liefling, die Movie verantwoordelik was, vervaardigers Paul Kruger en Emma Kruger en medevervaardiger en regisseur Linda Korsten, het weer saam gespan om ’n speelse, prettige Afrikaanse musiekrolprent, wat in die vyftigerjare afspeel, te maak. In die klein maar opwindende dorp, Pretville, is enigiets moontlik en interessante dinge gebeur voortdurend in die dorpie.
Klik hier om meer te lees oor die rolprent en na die lokprent te kyk.
Pretville begin op 23 November in teaters draai en die stel sal met tye vir die publiek beskikbaar wees om te besoek. Klik hier vir meer inligting daaroor.
Maroela Media het vanoggend die stel besoek en ‘n paar kiekies geneem:
[nggallery id=76]