[Foto’s] Orkaan op pad? Parkeer sommer in die huis

Randy en sy BMW in sy huis (Foto: @Jalilsup, Instagram)

Randy en sy BMW in sy huis (Foto: @Jalilsup, Instagram)

Inwoners van Florida, Suid-Carolina en Noord-Carolina moes met hul besittings vir hul lewens vlug voor Orkaan Matthew, maar een inwoner het besluit hy gaan nêrens nie, en sy motor veilig hou – in sy sitkamer.

Die Instagram-gebruiker Randy (Jalilsup) het sy BMW E30 M3 in sy huis parkeer om dit teen die orkaan te beskerm. Randy, wat homself as ʼn “BMW-entoesias” beskryf, het foto’s van sy buitengewone plan op Instagram gelaai. Hy het met sy motor deur die dubbeldeur van sy huis gery en in die sitkamer parkeer terwyl die storm gewoed het.

Hy en sy geliefde BMW het die dodelike storm oorleef. Minstens 877 persone in Haiti is dood toe die storm dié land getref het.

Just got her out the house. #hurricanematthew #doubledoors

A video posted by Randy (@jalilsup) on

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

WICUS ·

EK SAL DIT OOK DOEN , JY WERK HARD VIR JOU BESITTINGS EN DAN VERNEUK DIE ASSURANSIE JOU OP DIE OU EINDE

Marietjie Miles ·

Ek dink sy motor gaan nou meer in die huis slaap as buite.

f.j ·

Gelukkig is dit nie ‘n alfa nie anders sou daar oliekolle orals gele het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.