[Foto’s] Ouerskap is nie altyd maklik nie…

‘n Skreeusnaakse foto wat ‘n Amerikaanse egpaar gedeel het. Hulle het bygevoeg dat hulle kleinding darem ongedeerd is (Foto: Bored Panda)

Ouerskap is helaas nie ʼn maklike taak nie – elke ouer begaan êrens lang die pad ʼn glipsie of twee.

Die webwerf Bored Panda het ouers wêreldwyd onlangs uitgedaag om foto’s van hul grootste “ouerskap-flaters” te deel.

Dié foto’s, wat beloof om jou te laat skater van die lag, wys onder meer hoe ouers per ongeluk hul dogtertjie laat val terwyl hulle haar aan haar hande swaai, ʼn pa wat ʼn foto van sy pasgebore baba wil neem en dan die selfoon op hom laat val en die glanspersoonlikheid Kourtney Kardashian wat haar dogtertjie per ongeluk met ʼn motordeur in die gesig slaan.

Vir soortgelyke foto’s, besoek Bored Panda se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wouter ·

Kinders doen nie wat ouers sê nie, hul doen wat ouers doen.

Denise ·

Dit is so en hulle is baie braaf dink glad nie aan die gevaar nie Ma en Pa is daar!!!!

Denise ·

KInders is baie meer waaghalsig as hulle so klein is dink nie en doen net Ma en Pa kan dink en oplos baie oulik!!!!

TESS ·

Al gebeur hierdie dinge(en glo my hulle sal) is die ouers daar om die trane af te vee met liefde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.