[Foto’s] Ouma is ook een van die strooimeisies

Nana Betty en Christine Quinn

Nana Betty en Christine Quinn

ʼn 89-jarige ouma se kleinkind het haar onlangs gevra om een van haar strooimeisies te wees.

Nana Betty was glo die aand kaatjie van die baan by haar geliefde kleinkind, Christine Quinn, se troue.

“Almal het gelag vir haar snaakse opmerkings en haar woorde van wysheid waardeer,” het Christine aan Huffington Post gesê. “Sy het saam met die res van die gaste op die partytjiebus geklim, in plaas daarvan om huis toe te gaan ‘om te gaan rus’, en sy het nie vir my ma gesê nie! Sy het die hele aand lank gedans.”

Christine het gesê daar was ʼn spesiale oomblik toe Nana ook saam met haar man, Pat Quinn, se ouma Bellsie, gedans het. Christine se nooiensvan is terloops ook Quinn.

“Mens is net so oud soos jy voel, en ek voel vandag jonk!” het Nana gesê. “Ons word almal oud, maar ons hoef nie almal groot te word nie.”

Die foto’s is geneem deur Sweetwater Portraits. (Volg ook die skakel vir nog foto’s.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

girts. ·

Ag, dis nou ñ wonderlike mooi storie!! Dierbaar van die bruid en wonderlik dat die ouma nog so vol sports is!

Vee ·

Ag dit is te cute vir woorde. Oulike oumatjie. HUGS oumie xoxoxoxo

Dawn van Deventer ·

What a lovely story. The only thing I would change about it is to put pretty sleeves on oumas dress. I feel it would have suited ouma better, but otherwise…’ go granny go’.

Eileen ·

Ouma het pragtig gelyk, armpies en al, dis wie sy is, en haar kleindogter is lief vir haar, maaknie saak hoe sy lyknie. Sy lyk na ‘n gawe tannie – baie meer energie as mense half haar ouderdom.

Fransie ·

Te dierbaar vir woorde. Kyk net hoe lekker laat ouma almal lag op die een foto! Wat ‘n pragtige bruid en vrolike geleentheid. Daar is min dinge so lekker as om ‘n “lekker” ouma te he. Myne het ook eerder saam met ons bok in die hok gespeel toe ons klein was as om tussen die grootmense te sit en kla oor alles. Mis haar vandag nog vreeslik baie.

sarie ·

Bravo!!en pragtig….♡ Vir ouma en kleindogter.lieflike gebaar.sys oud maar nog nie dood soos hul sê.
mense leer hieruit.ek wil liewers wees waar lag is as n gekerm en kla en langdraderige gesprekke.
mooi so julle!

Drienie Boehme ·

Pragtig. Watter ander kleindogter sal haar ouma so iets vra . Christine baie trots op jou. So sal jy haar altyd onthou.

Hannelie ·

Ag dis te dierbaar vir woorde…..wens ek het nog ‘n ouma gehad. Christine jy is ‘n kleindogter duisend. Mens kan net verstaan hoekom jou ouma so lief is vir jou. Pragtige fotos.

Theresa ·

Dis te dierbaar. Wonderlike herinneringe…………………

lynette ·

Ah sy is n. Great ouma . Ek sou so graag n ouma wou he . Maar verseker probeer ek en is ek so close aan my kleinkinders . En ek geniet dit vreeslik .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.