ʼn 90-jarige ouma het ʼn plan om haar dorpie te versier met die mooiste handgeverfde patrone.
Anežka (Agnes) Kašpárková van Louka in Tsjeggië, werk elke lente en somer daaraan om venster- en deurrame te versier met haar ontwerpe. Sy het dié stokperdjie by ʼn plaaslike vrou oorgeneem wat ook jare lank die dorpie bly verf het. Sy gebruik blou verf en ʼn klein verfkwassie om die ingewikkelde blompatrone te skep.
“Ek is ʼn kunstenaar. Dis vir my lekker en ek wil help,” het sy aan plaaslike media gesê.
Sjoe dis pragtig.. wat n fantastiese talent…
Wat n oulike idee.
Sy het ‘n fantastiese talent en glad nie bang vir hoogtes nie. Sit ook sommer plat op haar alie en verf.
Sy is te pragtig.
Herinner mens baie aan Delft se patrone , of anders is dit dalk net die kleur, Baie mooi.
Dis nou sommer ‘n mooi berig. Well done ouma’tjie. Hoop jy’t sommer die hele dorpie aangesteek!
Wat ‘n inspirerende Ouma!
Shoe dit is voorwaar PRAGTAG !!!
Sy het ‘n GROOT talent.
Ek stuur v jou blomme tannie.
Wow dit is nou mooi n Ouma om op trots te wees!!!!!!
Waar is die oumatjie as ek haar nodig het! My “muis” het gaan kaas soek!