[Foto’s] Pa herskep foto’s ná vrou sterf

Foto: Rafael del Col se blog

Foto: Rafael del Col se blog

ʼn Man wie se vrou in ʼn motorongeluk oorlede is, het ʼn emosionele huldeblyk aan haar gelewer deur foto’s van hulle saam met hul dogtertjie te herskep.

Die Daily Mail berig Rafael del Col (35) van Brasilië se vrou, Tatiane Valques, is in 2013 in ʼn motorongeluk oorlede. Del Col het besluit om hulde aan sy vrou te bring deur foto’s wat hulle in 2009 ʼn week voor hul troue geneem het, saam met hul driejarige dogtertjie te herskep.

Volgens die berig het Del Col besluit om só hulde aan sy vrou te bring nadat hy gelees het van ʼn man wat sy vrou aan kanker verloor het en hul troufoto’s saam met sy dogter herskep het. Del Col en sy dogtertjie, Raisa, het die foto’s herskep deur selfs van Tatiane se juweliersware en skoene te gebruik.

Del Col het ná sy vrou se dood ʼn blog begin om ander mense in ’n soortgelyke situasie te ondersteun. “Afgesien van my verantwoordelikheid teenoor my prinsessie, moet ek leer om my gevoelens van droefheid en die verlies van my gade met wie ek 10 wonderlike jare saamgeleef het, te verwerk,” het Del Col onder meer op sy blog geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nina ·

Aggenee, Maroela. Hierdie is nuus van ongeveer ‘n week oud. :/

Gesie ·

Ag nee, Nina. Die oplossing: moet dit nie WEER lees nie! Dankie Maroela Media. Dit is so “sweet!”

Magda ·

Gesie
Stem saam met jou, Nina sukkel om die mooi raak tesien
Dankie Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.