Foto’s: Paartjie trotseer storm, vloedwater om te trou

Foto: Josephine Bohol Sabanal/Facebook

Ronil Guillipa en Jeziel Masuela van die Filippyne het oorstromings in die Luyangrivier trotseer om te trou.

Foto’s van die paartjie, wat op pad na die kerk deur die vloedwater stap, maak opslae op sosiale media.

Volgens die plaaslike koerant Philippine Star het Ronil in sy pak en Jeziel in haar trourok deur die water gestap om by hul troue uit te kom. Vriende en familielede het saam die stormweer trotseer om die spesiale dag te geniet.

Ronil en Jeziel het op 23 Oktober in die Filipina Independiente Church in Negros Oriental, getrou, het CNN berig. Die Luyangrivier het tydens storms in die gebied oorstroom.

Josephine Bohol Sabanal, een van die persone wat die troue bygewoon het, het foto’s van die affêre op sosiale media gedeel.

Gebruikers het die paartjie gelukgewens dat hulle nie deur enige hindernisse afgeskrik is nie.

Verskeie dele van die land het stormweer beleef weens tifoon Quinta wat teen Sondag in ʼn tropiese storm ontwikkel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.