Twee jaar later het Aaron Franks se drie brakke ʼn paleis van ʼn hondehok om in te bly – boonop met hul eie swembad en brandkraan.
Franks, van Pennsylvania, het op Facebook verduidelik hy het twee jaar lank aan dié “huis” gebou. “Ek wil ook dankie sê vir my vrou wat so geduldig was,” skryf hy, en voeg by, “sy het ook vir my die 500 [dollar] vir die verf gegee, sodat ek kon klaar verf!”
Franks sê die hondehuis pas mooi by hul huis, waaraan hulle reeds 10 jaar lank bou.
“Ek reken sommige mense sal dit nie ʼn hondehuis wil noem nie, maar dis die maklikste naam waaraan ek kan dink.”
Die hondehuis is ʼn drieverdieping-speelgebied met drie ingange. Dit het ook elektrisiteit, lopende water, drie swaaie, ʼn swembad, twee veiligheidskameras, trappe, brandkraan, seerower-skipstuur, toegang tot kos en water, ʼn spesiale plek waar hulle hul ‘besigheid’ kan doen en talle plekke waar die honde in die son of in die skaduwee kan lê.
“My kinders wou hê ons moet ook vir hulle ʼn televisie installeer sodat hulle Animal Planet kan kyk, maar dit klink vir my bietjie te veel!” lag Franks.
My skoonma se hok is n bietjie groter maar haar swembad het nie water in nie, want ons bly in Kaapstad
Ek dink dat Mnr Franks te veel ten en hopeloos te veel geld het!
Ja nee ek stem. My poodle is is bederf maar genade hierdie is bietjie “overboard”
Sjoe…prioriteite ne! Ek sou baie meer en beter dinge met my geld gedoen het, maar nou-ja, dis seker maar dan sy geld en sy goeie reg. En eintlik wil honde net baie liefde, kos en ‘n gewone warm bed hê (verkieslik saam met jou op JOUNE!)
aawwwhhhh dis so oulik!! kudos vir hom!!
Baie oulikies van hom, maar ek sou eerder daardie geld aan ‘n plaaslike diereskuiling skenk vir die versorging van hawelose en beseerde diere.
Ek het twee klein (wel, een is op 48kg en 1 jaar níé só klein nie) ‘terreurdade’ op my werf. Tien minute in dié honde-skuiling vir Janet (Rottweiler) en Monja (Alsatian) sou die planke, panele en trappies losgeruk en opgevreet, die lekker slaapkussings en sagte speelgoed opgekou, die water in die swembad opgedrink of uitgeplas en die “poo-poo pit” opgegrawe hê.
Dierbaar! Maar ek dink al kan ek dit bekostig, sal my twee honde kinders nog steeds saam met my op die bed slaap!
Ha ha Jannie – Jy maak sommer my hele week!!!!
Awe sweet as ek die geld gehad het ek definitief dit ook gedoen wys net hulle gee baie om vir hulle diere kinder. dis net kosbaar. Ek soek wel my honed kinders in die bed in die aand maar deur die dag kan hulle maar daar speel. Sweetness :)
Ek sal nie omgee om in so hondehok te bly nie! Sal selfs nou en dan blaf om skelms weg te hou.
Dis oulik net jamer hul wys nie fotos van die bedorwe Brakkies nie
Groete
di mos nou n honde lewe!! my 5 sal die paleis geniet!dalk meer spasie vir ma en pa op die bed dan lol….