Foto’s: Pappa kon darem baba se geboorte op sy selfoon sien

Brooks Lindsey op die lughawe

ʼn Soldaat, wie se reis op pad huis toe vertraag, is, kon danksy Facetime sy dogtertjie se geboorte regstreeks op sy selfoon sien.

Brooks Lindsey van Brandon, Mississippi, kon regstreeks kyk hoe sy vrou Haley Lindsey, geboorte gee aan Millie.

Tracy Dover, wat op die lughawe was, het op Facebook dié mooi oomblik gedeel. “Hy moes op FaceTime sien hoe sy dogtertjie gebore word. Hy het gehuil en ons harte het gebreek. Ons het almal vir hom bietjie ruimte gegee. Toe ons egter hoor hoe die babatjie huil, het ons saam met hom gejuig. Ons moet nooit van ons soldate vergeet en watter opofferings hulle moet maak nie.”

Lindsey het uiteindelik by die hospitaal uitgekom en kon sy nuwe bondeltjie vreugde ontmoet. Die trotse pappa het ʼn foto van homself met Millie in sy arms op sy Facebook-blad gedeel.

Lees meer: Love What Matters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakalas ·

Na al die negatiewe nuus wat on deur die dag beleef is hierdie darm baie verwelkom om bietjie mooi stories ook te lees. Baie dankie julle.

leser ·

hedendaagse tegnologie, dis daar, ons moet dit net gebruik, geluk aan lindsey familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.