[Foto’s] Piepklein Disney-prinsesse

Disney-prinsesse (Foto: Belly Beautiful Portraits)

Meeste meisies droom daarvan om ʼn Disney-prinses te word en ses skattige babas het dié voorreg beleef – nog voor hulle oud genoeg is om die flieks te sien!

Karen Marie, ʼn swangerskapfotograaf van Belly Beautiful Portraits in Roseville, Kalifornië, het besluit om ʼn fotosessie te hou met ʼn prinses-tema en haar foto’s word nou wêreldwyd versprei.

Ses babas is elkeen soos ʼn Disney-prinses aangetrek.

“Disney was nog altyd ʼn groot tema in my lewe,” het sy aan KCR3 gesê. “Ek was nog altyd lief vir Disney en die prinsesse. Ek het self ook twee dogters, maar hulle wou nou al hoe ouer – hulle is al byna tieners.”

Valerie, ʼn ontwerper by Best of Sew Trendy Accessories, het Karen Marie gehelp om die uitrustings te maak: daar is klein Ariel, die meermin, Sneeuwitjie, Aurora (van die Slapende Skone), Aspoestertjie, Belle (van Skoonlief en die Ondier) en Jasmine (van Aladdin).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.