Foto’s: Polisiebeamptes red hond uit modder

Die foto’s volg onderaan die berig.

Twee polisiebeamptes van Williston, Noord-Dakota het meer as hul plig gedoen toe hulle ‘n hond wat nekdiepte in modder vasgekeer was, gered het.

Die twee beamptes, Mike Martin en Mike Kushner, het ‘n oproep ontvang van ‘n inwoner wie se hond reeds vir drie dae vermis was en toe nekdiepte in modder langs ‘n stroom gevind is. Die beamptes het sonder om te huiwer in die modder gespring om die 13-jarige Pluto te red. Pluto is na ‘n besoek aan die veearts weer veilig terug by die huis.

Die foto’s is op Williston Township se Facebook-blad gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.