[Foto’s] Pretoria, Jakarandastad

Foto: Immanuel van Tonder

Foto: Immanuel van Tonder

“Pretoria, Jakarandastad, dis weer Oktobermaand…” Koos du Plessis se woorde kom tot hul volle reg in dié reeks foto’s wat Immanuel van Tonder geneem het.

Immanuel het die skouspel op 10 Oktober geneem en op sy Facebook-blad gedeel. Bykans 1 000 mense het dit ook reeds op Facebook-gedeel.

“Geniet dit saam!” skryf Immanuel. “Geen kopiereg nie, want ‘Iemand anders’ het die mooi geskep.”

Daar is selfs ‘n paar baie spesiale wit jakarandas wat hy afgeneem het.

Maroela Media publiseer die foto’s met vergunning van Immanuel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cheryl ·

Sprokiesmooi… Dis nou ons land Suid-Afrika… Gelukkig kan dit nie van ons weggevat word nie.

Shannon ·

Ek dag die ANC het alle tekens van die Indiese boom uitgewis ?

Elsa ·

Baie dankie dat jy soveel liefde het om hierdie mooi met ons te deel.

Wilna Pepler ·

Baie dankie dis pragtig! As mens vanaf Queenswood inry stad se kant toe is daar Jakarandas wat saam met verskillende kleure Bouginvilias spog, kom neem dit ook af asseblief, ek het nie die regte kamara nie! dis n ongelooflikke prentjie die hele bult uit, verby Susan Strijdom Tehuis in Colbyn.

Eliza-beth ·

Pretoria is voorwaar asemrowendmooi die tyd van die jaar. En as dit onweer is staan die jakarandas EERS uit! Wat vir my ook ALTYD mooi is, is die laning koorsbome by Tuks. Daar is hope mooi in Pretoria en oral ind ie res van ons land ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.