Foto’s: Prinses gee titel prys om vir liefde te trou

Prinses Ayako en Kei Moriya (Foto: Kyodo News via AP)

Prinses Ayako (28) van Japan het haar titel prysgegee om met die man van haar drome, iemand wat nie koninklike of aristokratiese familiebande het nie, te trou.

Prinses Ayako is die jongste kind van prinses Hisako en wyle prins Takamodo, die neef van keiser Akihito. Volgens Japannese keiserlike reg verbeur vroulike lede van die koninklike familie hul titels, status en toelatings as hulle met iemand trou wat nie enige koninklike of aristokratiese familiebande het nie. Dieselfde reël geld nie vir manlike lede van die koninklike familie nie.

Ayako het Maandag met die 32-jarige Kei Moriya getrou, ʼn werknemer van die verskepingsmaatskappy Nippon Yusen KK. Sy gee haar koninklike status prys en ontvang ʼn bedrag ter waarde van ongeveer R13,7 miljoen van die Japannese regering vir lewenskostes.

Ayako het voor die seremonie haar kimono verruil vir ʼn meer formele Shinto-styl mantel.

Dit was ʼn privaat seremonie en slegs ʼn nabye familielede het dit bygewoon.

Ayako se troue en bedanking van alle koninklike pligte kom te midde van ʼn moeilike tyd vir die wêreld se oudste monargie. Die geliefde keiser Akihito het aangekondig dat hy op 30 April 2019 sal abdikeer. Sy seun, kroonprins Naruhito, sal dan die troon oorneem. Volgens keiserlike wetgewing mag die troon slegs aan manlike erfgename oorgedra word en omdat Naruhito slegs een seun gehad het, sal die 12-jarige prins Hisahito waarskynlik die verantwoordelikheid op sy skouers hê om die koninklike bloedlyn voort te sit.

In die Verenigde Koninkryk kan koningin Elizabeth wysigings aan die koninklike bloedlyn goedkeur en gelyke regte aan seuns en dogters toeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Essa ·

Hierdie is mos ‘n sterk vrou om adelike status en rykdom prys te gee om haar eie lewe te kan lei. Sowaar baie vreemde en beperkende tradisies en beslis nie vrou-vriendelik nie.

Toetsie ·

Fooitog! Ek kan myself nie voorstel dat enige mens so formeel optree op hul troudag nie. Hulle lyk dan soos koue politici met plastiek glimlagte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.