[Foto’s] Pta-skool se oulike wiskundetrappe

Laerskool Bakenkop se Wiskunde-trappe (Foto: Facebook)

Laerskool Bakenkop se Wiskunde-trappe (Foto: Facebook)

Wiskunde is maar alte dikwels ʼn kopkrapper wat nie juis ʼn gunsteling onder die leerders is nie. Die Laerskool Bakenkop in Pretoria het egter nou ʼn flink manier bedink om die jongspan hul wiskunde stap vir stap te laat leer sonder dat hulle eers besef hulle leer.

Dié skool het onlangs ʼn paar foto’s van hul blink plan op Facebook gedeel.

Talle van die trappe by die skool se junior blokke is vroeër in Februarie “wiskundig geteel” sodat die kinders, wanneer hulle van klasse verwissel of pouse hul toebroodjies eet, die wiskundetrappe kan sien en kan leer “sonder dat hulle dit eers besef”.

Die skool het op Facebook gesê hy beplan moontlik verdere uitbreidings na ander gedeeltes van die skool om leer vir die jongspan te vergemaklik en lekker te maak.

Talle ander skole het intussen ook dié idee nageboots.

Vir meer inligting oor Laerskool Bakenkop, besoek sy Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Yolandi ·

My kinders is in Laerskool Bakenkop, regtig ‘n fantastiese skool!

Centurioniet ·

En dit is hoekom Bakenkop so n bakgat skool is. Centurion skole kook van kreatiwiteit!

Annelise ·

Dis bitter oulik, maar hulle is nie uniek nie…het dit al in heelparty ander skole gesien.

Ronel ·

‘n Laerskool in Kroonstad se trappe is al jare so. Baie oulike idee.

Einstein ·

Nou as daai eerste leerder teen die trappe val gaan Pappa & Mamma daai skool warm maak, want Kosie of Saartjie se aandag is afgetrek met al daai somme maak terwyl hulle moes konsentreer!

Sputnik ·

Ons skool het nie trappe nie!! Nou kan ons nie kreatief wees nie!! Ons wil nie trappe bou om in die lug te eindig soos die snelweg in Kaapstad nie! Hoe nou gemaak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.