Foto’s: R680 miljoen vir ʼn drieslaapkamerhuis

ʼn Strandhuis in Carmel, Kalifornië in die VSA is te koop vir $40 miljoen (meer as R680 miljoen).

Die argitek Frank Wynkoop het in 1951 die strandhuis, ook bekend as die Butterfly House, ontwerp en gebou. Die Architectural Digest, Most Beautiful Rooms in the World en Thames and Hudsons se 50 Most Iconic Architectural Masterworks in America het al oor die huis berig.

Die gevleuelde gebou het ʼn groot opknappingswerk ondergaan deur die bekroonde ontwerper Jamie Bush en word beskou as ʼn kenmerkende argitektoniese skat van lewende kuns.

Die Butterfly House is een van slegs vyf huise in Carmel wat op die strand gebou is. Dit is een van die grootste en het sy eie strand en inham.

Die huis word deur Carmel Realty Company verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

melaney ·

My huis gaan eendag mooier lyk. Word nie met bakstene gebou nie.

Vinny ·

En dan is daar mense wat nie ‘n brood kan bekostig nie……

Suzette ·

Ek is baie lief vir die see en die huis is baie mooi, maar ek sal nie die plek gratis wil hê nie. Die see is net eenvoudig te onvoorspelbaar.

Miena ·

Nou maar goed – hier is my 10c. Want ek het nie eers R680-00 nie wat nog te se van al daai miljoene… Dit is n mooi huis. Maar ek sal nie aard in die huis nie. Op n ligter noot… Ek sien nerens in die kombuis eers n ingeboude industrieele koffiemaker-masjien nie. So dadelik sommer -R50k af van die koopprys. Die slaapkamers se gordyne is nie eers van daai ge-elektrifiseerde konkoksies wat self oop-toemaak nie, so sommer dadelik nog +-R120k af op koopprys. My 3 honde-kinders (boerboele) het nie genoeg hardloop / speelplek buite nie. Die lang gang maak my bang – ek dink nou aan die fliek John Wick. En by the way – is daar darrem die volgende ook ingesluit by die prys – n Chef- want mens moet eet, n skoonmaker- want iemand moet skottelgoed en wasgoed doen, n masseuse- want mens moet ontspan na die hele huis deurgestap is. Dit is kardio oefening op sy eie daai hoor. En n tuinier – kyk dan net na die tuin en swembad. Nou ja- klaar gedroom- ek gaan nou verder werk.

Frank ·

Sjoe, dink net hoe duur sou hy gewees het as hy ‘n garage gehad het, praat nie eers van dubbel-garage nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.