Foto’s: Reuse yskoek vir reusepanda

panda verjaarsdagDie foto’s volg onderaan die berig. Klik op die foto’s om ‘n groter weergawe daarvan te sien. Die dieretuin in San Diego, Amerika, het Saterdag ‘n reusepanda se 22ste verjaarsdag met ‘n reuse verjaarsdagkoek, wat van ys gemaak is, gevier.

“Bai Yun, die ma van ses klein pandawelpies, is ‘n baie spesiale beer en sy verdien ‘n baie spesiale verjaarsdag,” het Kathy Hawk, een van die senior bewaarders by die dieretuin, gesê.

Die verjaarsdagkoek was 1.5m hoog en het bykans 100kg geweeg. Die koek het uit ys, bamboes en versiersuiker van fyngemaakte konfyt bestaan. Bai Yun se jongste welpie, die eenjarige Xiau Liwu, het ook aan die geleentheid deelgeneem en het aan die bamboes-versiering geknibbel. Daar is slegs sowat 1 600 wilde pandas oor in China, hoofsaaklik weens ontbossing en die uitbreiding van boerdery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.