[Foto’s] Reusepartytjie vir terminale kankerlyertjie

Lila in haar pa se arms. Foto: Bryce Jenkinson/Facebook

Lila in haar pa se arms. Foto: Bryce Jenkinson/Facebook

ʼn Amerikaanse meisie, wat al vir jare ʼn kankerstryd voer, is met ʼn reuseverjaardagpartytjie verras.

ABC News berig Lila May Schow van Oregon se ouers het besluit om die reusepartytjie te hou nadat dokters hulle meegedeel het dat hulle nie meer opsies het om hul dogtertjie se kanker te behandel nie. Lila is op tweejarige ouderdom met neuroblastoma, ‘n soort kanker wat die sentrale senustelsel aanval, gediagnoseer.

“Sy veg sedertdien. Dit is nou al drie jaar, nege operasies en verskeie chemoterapiesessies later,” het Lila se pa, Ryan, gesê. Volgens hom het hulle besluit om die partytjie, wat dien as ʼn matriekafskeid, troue en verjaarsdag, te hou aangesien Lila na alle waarskynlikheid nie die geleentheid sal hê om dit te ervaar nie.

Volgens die berig het die hele gemeenskap saamgekom en help reël. Die partytjie se tema was prinsesse en ʼn perd en waentjie is onder meer geskenk om Lila na haar partytjie te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eileen ·

Aai so tragies. Ek kan net sê dankie Here dat my kinders gesond is.

Hanlie ·

So verskriklik hartseer…..ek is baie bly my kinders is gesond.

Berhalet Beukes ·

Dit roer ‘n mens tot trane! Wat ‘n ongelooflike dapper dogtertjie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.