Foto’s: Rojale partytjie vir vierjarige

Azura saam met haar ouers, Anthony Minichiello en Terry Biviano Foto: Instagram

As jou pa ʼn bekende rugbyspeler is en jou ma ʼn skoenontwerper, dan kan jy seker ʼn luukse verjaarsdagpartytjie met eenhoringperde en blommekranse te wagte wees!

NRL-speler Anthony Minichiello (voormalige professionele rugbyspeler vir Australië wat talle rekords verbeter het vir sy klub, Sydney Roosters) en Terry Biviano, ʼn ontwerper wat hoë gehalte leersandale vir kinders ontwerp), se dogtertjie Azura Minichiello, het Saterdag haar vierde verjaarsdag gevier.

Daar was drielaagkoeke, ʼn nagereg-muur, blomme-boë en eenhoringperde.

“Veels geluk aan ons geliefde dogter Azura!” het Terry op Instagram geskryf. “Nog ʼn jaar is verby en dis lekker om te sien hoe jy elke jaar net slimmer en mooier word! Ons baba, ons klein dogtertjie, ons hemelblou skat, ons het jou lief! Maak nie saak hoe oud jy is nie, jy sal altyd ons babadogtertjie bly! Ons hoop dat jy altyd lewenslustig sal wees en sal aanhou bly droom. Mag jy altyd omring wees deur liefde, gesondheid en vreugde! Ons wens ʼn duisend eenhoringperde en nog ʼn duisend meer redes om elke dag te bly glimlag. Baie liefde, mamma en pappa.”

A post shared by @terrybiviano on

A post shared by @terrybiviano on

A post shared by @terrybiviano on

A post shared by @terrybiviano on

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Estelle Hepburn-Schreuder ·

Beslis nee!!! Dis uitspattig , wat gaan daardie kind wil he as sy 16 of 21 is???

MissDemeanor ·

Ag man die mense het baie geld. Laat hul dit spandeer.

Louise ·

een vraag, is dit n TROUE of verjaarsdag partytjie……..
My dogtertjie is 6 en al wat sy wil he as sy kan VUIL raak op haar partytjie en dis modder ingesluit.

E.K. die eerste ·

Belaglik! Selfs al had ek die geld sou ek NOOIT so geld mors nie. Beste verjaasdaggeskenk vir supperryk kind: Neem hom/haar vi ‘n dag na ‘n kinderhuis of diereskuiling en sien wat REGTIG saakmaak en wat alles met die geld vir uitspattige partytjies gemaak kan word. Daai kind sal vinnig leer wat werklik saakmaak en hoe jou geld ander kan help. En steeds ‘n gewone lekker rondhol partytjie emt ‘n koek, “cup cakes”, koeldrank en skyfies kan hê. Ek voel sommer naar as ek lees hoe sulke ryk ouers eintlik net wil afwys voor hul vriende, gaan glad nie oor die viering van die verjaarsdag maar net afwys!

Ann ·

Ek voel dis hopeloos te oordadig en uitspattig. Of jou ouers dit kan bekostig of nie, mens maak nie elke jaar so ñ groot deal van ñ verjaarsdag nie. Ja ja ek weet elke ouer het ñ klein engeltjie en ñ superman, en almal wil dit baie graag elke jaar doen.
Maar hoe gaan daardie kind eendag die regte waardes leer? Gaan sy dalk tantrums gooi as sy volgende jaar nie so ñ tipe partytjie kry nie? Of gaan sy verstaan as Mamma en Pappa dalk eendag nie die geld het nie? Ek wil nie soos ñ doemprofeet klink nie, maar fonteintjies kan opdroog …

A Mac ·

Dis nie ‘n partytjie vir die kind nie, dis vir die ouers om af te show by hulle vriende en ander mense. Dink nie eers die kind besef wat aangaan nie, solank pappa en mamma net vir die mense kan wys “Pê, wê, kyk wat kan ons doen!” Party mense sal enige geleentheid gebruik om shine te vang.

Elmarie ·

Wat die mense spandeer op ‘n partytjie het hoegenaamd niks met iemand anders te doen nie.
Dit is hulle eie saak. Dit is tussen hulle. Nie die res van die wereld nie. Dit het niks met niemand te doen nie. Ek haat al die “trolle” wat altyd oor alles iets te se het. Werk aan jou eie lewe.

Ashley ·

Ag komaan anties!! Staak dit. As julle geldelik kon, sou julle ook, reg?

Arm ma ·

Ag nee, ek dink dis belaglik. My vyfjarige 3ling het skool tassies vir hulle verjaarsdag gekry en cup cakes geeet en by die huis geswem .Oumas en oupas vir hulle gesing en hulle het dit net so geniet.

Uvonka ·

Arm Ma, wat ‘n voorreg om ‘n 3ling te he! Hulle hou jou seker vrek besig. Dit is mos hoe ‘n kinderpartytjie behoort te wees, maar each to his own. Ek moet se, daai dogtertjie se partytjie was regtig baie mooi, ‘n bietjie over the top!

Mel ·

Elke mens gee sy of haar kind die beste wat hul kan …my kind sal ongelukkig nie die kon ervaar agv my inkomste …maar as die mamma of pappa vir hulle kind dit kan gee .. laat hulle toe om hul beste te kan geem…

ek vra jou ·

Wat hulle doen het hoegenaamd niks met ander te doene? Asseblief! Waarom dan oral op sosiale media dit wys? Dan het dit alles met almal te doene en kan ons sulke belaglike spandabelrigheid kritiseer. Dis belaglik, en regtig NET afwys, daai kind sal net so gelukkig gewees het met cupcakes en coke.

Denise ·

Ek is net teleurgesteld dat hulle my nie genooi het nie sal maar kyk volgende jaar!!!!!

Tanya ·

Ek dink hulle kan dot spandeer as hulle wil. Hulle geld. Hulle kind. En jy kan sien hoe ingenome die klein mensie op dié fotos is oor die partytjie. Hoop sy het dit vreeslik geniet :)

Veron ·

Elkeen se inkomste EN uitgawes het met die volgende persoon niks te doen nie, is sy eie saak. Dankie vir die fototjies deel dis pragtig!

Blom ·

Ek stem, lyk asof die dogtertjie dit geniet het – dit was immers haar dag!

Erika ·

Ons almal moet dalk meer rondkyk, nood raaksien en uitryk. Om te gee is beter as om te ontvang

Pop ·

Nee kyk my kinders sou dit nie wou he nie. Hulle sou eerder wou speel en lag en ja vuil word in die plaasdam. Perd ry en met hul fietse rond jaag. Ek het die foto vir hulle gewys en wat vra hulle?? Hoekom dra die tannie nie n lang trourok nie!!! EN Wat het hulle op daai perd se kop gesit. Perde het mos nie horings nie!!! Uit die mond van die suigeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.