Twee Suid-Afrikaners, wat uit hul poste in die advertensiebedryf bedank het, moet nou toilette skrop om hul droom na te streef.
“Ná presies ses maande is dit nodig om die leliker deel van ons reis te deel,” skryf Chanel Cartell op die paartjie se blog, How far from home.
Chanel en Stevo Dirnberger het aan die begin van die jaar besluit om hul droom na te streef en wêreldwyd te reis. Die twee neem telkens die mooiste foto’s met ʼn aanduiding van hoeveel kilometer hulle van Johannesburg af is.
“Soos wat ek deur ons blog-plasings en Instagram-foto’s kyk, besef ek dit lyk of ons die tyd van ons lewe het,” skryf Chanel. “En moenie my verkeerd verstaan nie – ons het. Maar dis nie alles roomyse in die son en pragtige landskappe nie. Ek dink ons het gesamentlik al 135 toilette geskrop, 250 kg koeimis versprei, 2 ton klip met ʼn skopgraaf geskuif, 60 meter plaveisel gelê, 57 beddens opgemaak en ek kan nie eers meer onthou hoeveel wynglase ons blinkgevryf het nie.”
Sy voeg egter by hulle leer waardevolle lesse: “Daar is min dinge in die lewe wat jou so baie sal leer oor nederigheid, die lewe, en die belangrikheid daarvan om elke dag te leef asof dit jou laaste is, soos om miljoene rand se advertensiebegrotings te verruil om toilette te skrop.”
Volg die paartjie se avonture:
How far from home
Instagram: @howfarfromhome
Twitter
Ai tog, hoe verkeerd kan mens iets lees ! Ek lees dat hulle bedank het om nie meer toilette te skrop ! Vir my sou “SA’ners het bedank om o.a. ook toilette te gaan skrop”.
Ewenwel hulle gaan terugkom met hare op hul tande en ‘n rol toiletpapier onder die arm.
Dalk ook ‘n wasgoedpennetjie vir die neus . . . ?
Ek het grootgeword dat daar nie so-iets is as k . . . .werk soos sommiges daarna verwys het.
Jy word gerespekteer indien jy ook jou hande vuil maak en die bul by die horings pak.