Foto’s: Seldsame wit welpie verwelkom

Sonja, die wit leeu by Szeged-dieretuin in Hongarye en ‘n werknemer van die dieretuin, Imre Sebok (Foto: Tibor Rosta/MTI via AP)

ʼn Seldsame wit leeuwelpie is by die Szeged-dieretuin in Hongarye verwelkom. Sy het Vrydag vir die eerste keer in die publiek verskyn.

Sonja se pa en ma is Nadja en Timba en sy is op 15 Mei gebore, het Robert Veprik, die direkteur van die dieretuin, aan verslaggewers gesê. Foto’s van Sonja word intussen wyd op sosiale media gedeel. Sy het 1,5 kg met geboorte geweeg en het reeds haar gewig verdubbel.

Nadja en Sonja word vir ʼn paar weke in afsondering gehou, maar hulle sal binnekort weer by Timba aansluit.

Alhoewel ongeveer 300 wit leeus in aanhouding is, is daar slegs ʼn paar dosyn in die natuur. Hulle is nie albino’s nie – die kleur is die gevolg van ʼn genetiese afwyking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Boerboel ·

Baie Mooi, ek sal hou van hom vir n’ Waghond !
Ek dink nie daar sal baie “besoekers ” wees nie!

Chris de Beer ·

Daar is geen SELDSAME of BEDREIGDE wit leeus of wit tiere in gevangeskap enige plek in die wêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.