[Foto’s] Skadu-kunswerke flous selfs die son

Skadu-kunswerk deur Damon Belanger in Redwood City, Kalifornië (Foto: DamonBelanger.com)

As jy nie mooi oplet nie, sal jy miskien dié spesiale skadu-kunswerke misloop. Skaduwees is oral, maar soms moet jy mooi kyk om seker te maak jou oë bedrieg jou nie.

Damon Belanger, ʼn kunstenaar van San Francisco in VSA, is onlangs deur sake-eienaars van Redwood City in Kalifornië versoek om hul sypaadjies in kunswerke te omskep. Hy het altesaam 23 kunswerke geskep.

Hy het onlangs ʼn merieteprys gewen by die HOW International Design Awards in die “Signage & Environmental Graphics”-kategorie.

“Mens moet die omgewing ken waar jy die werk gaan installeer en dit dan tot jou voordeel gebruik,” het Belanger verduidelik. “Mens moet die onmiddellike spasie rondom jou projek in gedagte hou, maar ook die omliggende gebied. Dis maklik om iets op papier te skep, wat dalk nie toepaslik sal wees vir die betrokke plek nie.”

Besoek sy webwerf en volg hom op Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.