[Foto’s] Skietoefening sorg vir pragfoto’s

Die Bloemfonteinse nagskiet-oefening. Foto: Henco du Toit

Die Bloemfonteinse nagskiet-oefening. Foto: Henco du Toit

Henco du Toit, ʼn amateur-fotograaf van Bloemfontein, het pragfoto’s geneem tydens die Bloemfonteinse nagskiet-oefening waar die weermag sy wapens ten aanskoue van die publiek op die proef stel.

Dié geleentheid vind jaarliks plaas by De Brug op die ou Kimberley-pad buite Bloemfontein by die weermag se skietbaan en dit is ʼn geleentheid vir die publiek om weermagwapens in aksie te sien. Die geleentheid sorg ook dikwels vir mooi foto’s.

Henco sê vanjaar was dit die tweede keer wat hy dié geleentheid bygewoon het. “Ek het onthou hoe mooi dit verlede jaar gelyk het, en het vanjaar my kamera vir die geleentheid ingepak. Baie mense het saamgedrom om te kom kyk. Dis ʼn besonderse ervaring,” vertel hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Meraai ·

Dit is na alle waarskynlikheid ou ammunisie wat in elk geval gebruik moet word.

Marinda ·

Pragtige foto’s!!!Geen amateur kan sulke foto’s neem nie-definitief n professionele fotograaf

pietie ·

Die man kan fotos neem hy moet verder gaan met dit hy sal goed doen!!

Skêr Kwagga ·

Was baie jare gelede ‘n beligtings-kameraman (video) vir die goeie ou SAUK. Ek, Tobie Steenkamp, Mack vd Walt, Theo Theron, Jan Kopec, Jan de Klerk…..het aan ‘n program gewerk “100 jarige herdenking van die SA Weermag” Ek was uit op die see met SAS PW Botha, onder die see met Maria van Riebeeck, op in die lug saam met die Bats en die Silwer Valke, Lugafweer by Simonstad, uit saam artillerie en infantrie…..vir amper twee jaar. Toe het ons nog ‘n WEERMAG gehad……nie 3 Noddy karre en ‘n tweedehandse tenk nie.

Gerrit Steyn ·

Is dit ‘n nagskietoefening net vir Pantser? Dit Bly mooi en indrukwekkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.