[Foto’s] Skilpad ‘vlieg’ deur motorruit

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Amerikaanse vrou het met net snyplekke aan haar gesig ontkom nadat ʼn waterskilpad deur haar motor se voorruit geslinger is.

Die Daytona Beach News Journal berig Nicole Marie Bjanes (38) het Maandagmiddag in haar VW Jetta op Interstate 4 in Florida gery toe die skilpad deur haar venster geslinger is. Volgens die Florida-hoofwegpatrollie is die skilpad deur die motor voor Bjanes se motor getref. Dit het tot gevolg gehad dat die skilpad die lug in geskiet is.

ʼn Ander motoris het intussen 911 gebel en hulp ontbied. Bjanes het snyplekke aan haar gesig opgedoen. Die skilpad is nie beseer nie. Volgens berigte het wetstoepassers die skilpad in ʼn nabygeleë dam gesit waar hy vinnig weggeswem het.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jakes ·

Holy flying turtle , dit was amper ñ ernstige geval gewees .
Dis nie net pienk olifante wat kan vlieg nie , maar skilpaaie ook .

Xa ·

Ek glo dit nie. Selfs al kon die dop die krag van die eerste voertuig hanteer wat ek dink onmoontlik is sou dit fatale interne beserings opdoen met die slinger en die ruit impak, veral op interstate snelweg spoed. Die amerikaners praat nonsens of dis n wonderwerk.

Frederik ·

Hierdie spesifieke skilpad is die Suid Afrikaanse Hardedop-tipe uit die Nkandla Brandpool.
As Nkwasi nie tegniese probleme gee nie en wel vlieg ,kan mens een van die gediertes teen 200 k/mu deur die windskern gooi en hy sal nie soveel as ‘n skrapie oorhou nie

hevw ·

Die skillie geval is maar weer n bewys as dit nie jou tyd is nie dan is dit nie jou tyd nie. Lees maar wat oor veilige te se is.

Anny ·

Xa ek kan dit ook ni glo nie…. ‘n skilpad…? Maar ja in VSA is als seker moontlik as jy net jou verbeelding gebruik

JJ ·

Die skillie het seker sy crash-helmet opgesit. ‘n Mens weet nooit wat om te verwag van die amerikaanse verkeer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.