Foto’s: Skilpad wen haas in ski-resies

Die skilpad en die haas Foto: thenational.ae

Die skilpad en die haas Foto: thenational.ae

Foto’s volg onderaan die berig. ‘n Skilpad het ‘n haas in ‘n ski-kompetisie vir troeteldiere en hul eienaars in die noorde van China gewen.

Katte en honde durf mekaar die stryd aan teen ‘n hoenderhaan en selfs ‘n geel eend in dié wedren op die sneeuhellings in China se Henan-provinsie, het die China News Service berig.

Die 40 mens-deelnemers mag hul diere op ski’s of sleë vasmaak, of hulle kan die troeteldier met ‘n leiband lei terwyl hulle self ski.

Net soos die fabel, het ‘n skilpad ‘n haas uitgestof en algeheel in die derde plek geëindig. “Die haas het te veel gehop en het nie sy eienaar se bevele gehoorsaam nie,” lui die berig.

Die skilpad, wat gewoonlik in die winter sou hiberneer, het glo op sy eienaar se ski-toerusting geklim en saamgery.

‘n Geel eend het met sy rooi das die skare vermaak.

In Kalifornië, Amerika, kan honde deelneem aan ‘n branderplankry-kompetisie en ‘n boer in China het die nuus gehaal toe hy sy varke geleer het hoe om van ‘n drie meter hoë duikplank af te spring.

Die skilpad en die haas Foto: thenational.ae

Die skilpad en die haas Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

Foto: thenational.ae

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.