[Foto’s] Skreeusnaakse foto’s ná sy alleen wittebrood hou

Huma Mobin van Lahore, Pakistan (Foto: Facebook)

Huma Mobin van Lahore, Pakistan (Foto: Facebook)

Toe Huma Mobin van Lahore, Pakistan, se man vir haar gesê het dat hy nie op hulle tweede wittebrood kan gaan nie, het sy nie laat dít haar afskrik nie.

Mobin het dié wittebrood alleen gaan hou, en die internet is behoorlik op hol oor haar skreeusnaakse wittebroodfoto’s.

Sy verskyn byna op al die foto’s met ʼn uitgestrekte arm vir waar haar man sou staan, en ʼn gesigsuitdrukking wat skree van verlange.

Haar man is egter nie al nie wat nié teenwoordig was tydens die vakansie nie – sy het ook per ongeluk haar selfoon in die Egeïese See laat val, en met nóg meer skreeusnaakse foto’s vorendag gekom.

Mobin het BuzzFeed News vertel haar man kon nie die wittebrood meemaak nie omdat hy nie sy visum betyds kon kry nie. “Die wittebrood was egter reeds bespreek en klaar betaal, so ek het besluit om te gaan,” het sy gesê.

Sy het glo die idee van haar man gekry van vorige foto’s wat hy aangestuur hy wanneer hy na haar verlang. “Hy het kort ná ons verlowing met vakansie na Boedapest gegaan en vir my foto’s gestuur met die hand wat my kamtig omhels waar ek sou staan as ek daar was.”

Mobin se skoonouers was wel saam met haar op die wittebrood. “Ek het alles moontlik gesien, en die vakansie baie geniet.”

Bron: The Huffington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Santjie stoof ·

Wel dis nou “positive lateral thinking”
When life hands you lemons,…………..

Cherokee ·

Een of twee van die fotos sou snaaks gewees het maar nie die vervelige sing van die dieselfde rympie oor en oor nie.

Kester ·

Stem. Bollywood flieks is gewild in daardie deel van die wereld en as jy so iets kan deursit dan is ‘n lang reeks oordrewe fotos seker nie te erg nie.

johann cb ·

Ai tog julle ou knorpotte, al die fotos is snaaks! Dit is weer iets nuut om oor te lag! Kla liewer oor die wonderlike politiek in ons land!

TM ·

Ek het ‘n baie goeie sin vir humor maar hierdie is nie vir my snaaks nie. Miskien as sy verskillende goed gedoen het sou dit beter gewees het. Doen goed wat hom jaloers sou gemaak het. ‘n Smaaklike ete alleen by ‘n tafel, vonkelwyn of sap in die bed met ontbyt, sit op ‘n bankie en kyk oor ‘n meer of die see of sulke goed.

Kosie ·

Met daardie gesigte neem ek nie haar man nie kwalik dat hy die vakansie gemis het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.