[Foto’s] ‘Slaaikoeke’ ʼn treffer in Japan

'n Voorbeeld van 'n slaaikoeke. Foto: Vegedeco Salad

‘n Voorbeeld van ‘n slaaikoeke. Foto: Vegedeco Salad

Jou stryd met die skaal kan dalk iets van die verlede wees! Mitsuki Moriyasu, ʼn Japannese kos-kunstenaar van Nagoya in Japan, het onlangs ʼn prettige manier geskep om groente en vrugte te eet met slaaie wat soos koek lyk.

“Die idee agter die slaaikoeke is dat mense nie meer moet voel hulle eet bloot blaarslaai en tamaties nie,” het Moriyasu verduidelik. “Hulle kan eerder hulle daaglikse aanbevole voedingstowwe inkry deur een of twee snye van dié soort koek te eet.”

Moriyasu sê die sogenaamde Vegedeco-koeke lyk soos die ware Jakob, maar is veel smaakliker en gesonder as die tradisionele papgekookte groente. “In plaas daarvan om die groente bloot vervelig op ʼn bord op te dis, omskep ek die slaaie in ‘koeke’ wat lyk of dit enige soettand kan bevredig.”

Die spons van die koek is gemaak van sojabone en die versiersel is roomkaas en tofu wat fyn geklits word met groente om die helder kleur te verkry.

Sy sê die koeke was onmiddellik ʼn treffer sedert sy dit in Junie 2015 by die Bistro La Porte Marseille in Nagoya in Japan begin verkoop het. “Die idee was aanvanklik om groente aantrekliker op te dis. Dit is egter so suksesvol dat ek my eie onderneming begin het wat slegs dié koeke verkoop.”

Moriyasu se Vegedeco Salad-kafee in Nagoya, Japan, het op 5 April sy deure oopgemaak. Die kafee bied ʼn groot verskeidenheid groentekoeke. ʼn Sny koek sal jou om en by $7 (ongeveer R99) uit die sak jaag.

Bron: Dogo News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jopie ·

Gaan besoek Japan. N nasie wat kan saamstaan en enigiets kan aanpak. Daar sien n mens wat respek is.

Enna Burger ·

Asb , vriende van Maroela wees my genadig, die Japanese groente terte wat so pragtig is, stuur vir my asb. My kleinseun is outisties en AD, hy eet net pasta en droê brood,. Hy raak nou oorgewig, ek moet iets anders probeer groot asb, groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.