[Foto’s] Só het Kaapstad gelyk in 1900

Vars kruie op die straat, 1945 (Foto: Flickr)

Vars kruie op die straat, 1945 (Foto: Flickr)

Woodstock het nog ʼn swemstrand gehad, ʼn trem het deur die stad geloop en daar was nie ʼn enkele sakegebou in die hele Wynberg-hoofstraat nie. Dít was die pragtige Moederstad meer as ʼn eeu gelede.

Dit het egter alles verander en Kaapstad word geken aan sy besige strate en hoë geboue.

Die stad is in Julie aangewys as die wenner in die kategorie “Top stede in Afrika en die Midde-Ooste” in die Travel & Leisure 2016 Wêreld se beste-toekennings tydens ʼn geleentheid in New York.

Hy het ook die negende plek gehaal in die kategorie beste stede in die wêreld.

“Die Moederstad doen alles om plaaslike en internasionale besoekers te lok, en ontvang toekennings van dwarsoor die wêreld vir haar besonderse skoonheid en toeriste-aantreklikhede,” het Garreth Bloor, burgemeesterskomiteelid van Kaapstad, gesê.

VoiceMap, ʼn app vir slimfone, het op sy Facebook-blad ʼn klomp ou foto’s van dié stad gedeel.

Besoek VoiceMap op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JakesJ ·

Maroela nie dalk fotos plaas van paar jaar tevore? Sal interessant wees om te sien wat nie deur blankes/ westerse ideale en nie-koliaste opgebou was. Asb, of is daardie foto blanko vel papier?

JakesJ ·

Politiek korrekte Maroela plaas my kommentaar? NET omdat ek vra waar is fotos van toe van Riebeeck als kom opneuk het? Hoe Kaapstad gelyk het voor opbou.

Anoniem ·

Dankie Maroela vir die plasing van hierdie fotos van hoe Kaapstad in die vroere jare daar uitgesien het. Dit word opreg waardeer. Do so voort.

Pietser ·

Lyk lekker rustig. Ek dink ek sou nogal by daardie tyd gepas het, So 80 jaar te laat gebore.

André ·

Die foto van 1906 wat die kabel kar wys in die agtergrond is nie korrek nie, ingevolge Wikipedia het dit eers hier in 1929 oopgemaak. Het die foto’s geniet, dankie MM.

De Villiers Hauptfleisch ·

Baie interessante plasing, ek het dit baie geniet. Ek is in 1941 in Wynberg, Kaapstad gebore, gedurende die Tweede Wêreldoorlog, maar toe ek 2 jaar oud was, is ek en my broers in my grootouers se sorg geplaas in die Noordkaap, terwyl my pa in die Noorde teen die Duitsers gaan veg het. Ons het daarna nie weer terug verhuis na Kaapstad nie met die gevolg dat ek as kind niks geleer of ondervind het van die mooie ou Kaapstad nie. Sal dit waardeer as Maroela meer sulke fotos en plasings kan doen oor die geskiedenis van die ou Kaap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.