Nog foto’s volg onderaan die berig. Die fotograaf Rose-Lynn Fisher het gewonder of hartseertrane en gelukstrane van mekaar sou verskil, en het dit onder ʼn mikroskoop begin bestudeer.
Sy het 100 verskillende tipes trane ondersoek en bevind dat gewone trane, wat ons liggaam vervaardig om ons oë nat te hou, verskil drasties van trane wat ons vervaardig wanneer ons uie skil. Trane wat rol wanneer jy lekker gelag het, is ook anders as die trane wat rol wanneer jy huil omdat jy hartseer is.