Hideki Mizuta (29) van Japan het asemrowende foto’s geneem by die Salar de Uyuni-soutpan in Bolivia.
In ʼn paar van die foto’s moet mens twee keer kyk om seker te maak of dit nie moontlik ʼn man is wat op water loop, of ʼn groep motors wat in die lug parkeer is nie.
Salar de Uyuni, een van die platste plekke ter wêreld, word tydens die reënseisoen bedek met ʼn dun lagie water wat ʼn spieëlbeeld verskaf wat alles reflekteer.