[Foto’s] Standbeeld om dié kat te onthou

Foto: Onbekend

Foto: Onbekend

Katte het glo nege lewens, maar dié besonderse kat se lewe is danksy ʼn spesiale bronsbeeld verewig.

Tombili van Istanbul in Turkye het aanvanklik bekendheid verwerf toe ʼn foto van hom op sosiale media gedeel het waar hy lui in die straat lê. Die kat het vinnig ʼn internetlegende geword en toe hy in Augustus sy laaste katasem uitgeblaas het, is ʼn bronsbeeld opgerig op dieselfde plek waar die foto van hom geneem is.

Bron: LoveMeow, HuffingtonPost

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

franje van spanje ·

Ag….. katte is wonderlike diere! Ek soen myne op…

theresa ·

Ek het 10. En al 10 is uniek. Almal is nou “reg gemaak” want ek kan nie met nog x personalities deel nie… en Franje… jy is SOO reg…. hulle is so spesiaal!

Uvonka ·

Awww hoe dierbaar is die vette kitty kat. Luv my kat, Lucy baaaiiiee!!!

Lions ·

Wel dan moet hulle maar so bronsbeeld van my maak waar ek by die werk sit. Of waar ek besig is om op die laptop te sukkel.

charles ·

Myne is sy ma se kind al is hy 77 jaar oud, hy bly nog sy ma se kind, sy ma is natuurlik heelwat jonger LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.