[Foto’s] Sterwende pasiënte kry ʼn laaste wens

Foto: upworthy.com

ʼn Niewinsgewende organisasie in Nederland, Ambulance Wish Foundation (AWF), beywer hom om te voldoen aan sterwende pasiënte se laaste wense.

Kees Veldboer, ʼn voormalige ambulansbestuurder en stigter van dié organisasie, sê die idee vir dié diens het ontstaan toe hy ʼn pasiënt van een hospitaal na ʼn ander vervoer het. Die pasiënt was sterwend en reeds drie maande in die hospitaal. Die man het Veldboer gevra om by die Vlaardingen-kanaal stil te hou, aangesien hy nie weer dié geleentheid sou kry nie. Die man het in trane uitgebars toe hy die kanaal sien en Veldboer het toe geweet dit is wat hy vir elke terminale pasiënt wil doen.

Elke ambulans word spesiaal ingerig en ʼn mediese span vergesel pasiënte op dié spesiale uitstappie.

Die AWF het tans 230 vrywilligers en het reeds 7 000 mense se wense vervul. Veldboer vertel onder meer van ʼn vrou wat haar huis vir die laaste keer wou sien.

“Sy het regop gesit en vir ure na haar sitkamer gekyk, so asof sy ʼn leeftyd se herinneringe wou onthou.”

Hier is nog wense wat vervul is:

Om vir die laaste keer roomys te geniet.

Foto: upworthy.com

Om ʼn kleindogter se troue by te woon.

Foto: upworthy.com

Om ʼn beste vriend se graf te besoek.

Foto: upworthy.com

Om ʼn gunsteling-skildery te sien.

Foto: upworthy.com

Om dolfyne te sien speel.

Foto: upworthy.com

Om die see ʼn laaste keer te sien.

Foto: upworthy.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ada ·

Hoe menslik is dit.
My hart gaan uit na die siek mense en maak my weer bewus van die seening om gesond te wees.

wielie ·

My Ma se laaste wens was om in haar eie bed te slaap – vir nog een nag en een dag in haar huis te wees ………..

ElgeraineR ·

Hoe tranerig raak ek nou. ñ Pragtige daad vir hierdie mense wat reeds so swaarkry!

Elaine ·

Wat sou ons nie vir n laaste keer wou doen of sien nie……….

Dankie vir n mens met n hart xx

Ange ·

Om n glimlag op enige iemand se gesig te kan sit is darem maar n vervullende gevoel, veral iemand wat nie meer lank het nie. Baie inspirerend. Ek wonder soms as net vir een dag, elke Suid Afrikaner uit hulle pad gaan om net een persoon se dag te maak of ons een dag van vrede sal he. Net een.

Ben ·

Trane in ‘n mens se oe.
Die lewe is baie kosbaar.
Dan aan die die mense wat ander mense so onnodig dood maak of nie respekteer nie.
Kry n bietjie “Common Sense”. Maak julle oe oop!!
Wat jy saai, sal jy maai. Of soos die Engelse se “Live by the Gun, Die by the Gun”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.