[Foto’s] Takbok sorg vir onvergeetlike babafoto 

Foto: Megan Rion/Imagine That Photography

Foto: Megan Rion/Imagine That Photography

ʼn Takbok wat haar opwagting gemaak het tydens ʼn fotosessie van ʼn een maand oue babaseuntjie het vir ʼn onvergeetlike foto gesorg.

Die Daily Mail berig die fotograaf Megan Rion het die “magiese” oomblik op kamera vasgevang by die Sam Houston Jones-park in Louisiana in die VSA. Rion het Tiffany Gill Rogers se babaseuntjie, Connor, afgeneem toe die takbok, bekend as Maggie, uit die woud aangestap gekom het.

Rogers (33) het ʼn video van die gebeurtenis gemaak en op YouTube gedeel. Die video wys hoe die takbok naderkom en naby Connor gaan staan. Rion het aan Yahoo Parenting gesê Maggie kom loer gereeld in tydens fotosessies. Volgens Rion staan daar gewoonlik iemand naby die baba as Maggie wel te voorskyn kom om seker te maak die baba is veilig.

Die video en foto’s versprei intussen soos ʼn veldbrand op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.