[Foto’s] Tien ontdekkings wat elke ouer se lewe sal verander

Elke ouer weet as jou kinders eers kan kruip, is dit moeilik om heeltyd die huis netjies te hou, maar met hierdie pakkie kan jou baba die skoonmaakproses aanhelp. (Foto: Boredpanda.com)

As die pienkvoet jou wakker hou in die nag, is hierdie stoel die perfekte ontwerp. Dalk moet hulle nog net vir jou ʼn ekstra bed daaraan vasmaak? (Foto: Boredpanda.com)

Weier jou kind ook soms saans om in sy eie bed te klim? Hierdie bababedjie is beslis ʼn oplossing om ʼn woede-uitbarsting te voorkom. (Foto: Boredpanda.com)

Vir daardie wintersdag wanneer dit régtig koud is. (Foto: Boredpanda.com)

Wanneer jy wil oefen, maar pienkvoet wil niks weet nie. Hierdie fiets sal jou lewe verander! (Foto: Boredpanda.com)

Ousus word gereeld vies wanneer jy vir kleinboet storie lees, maar daar is nie plek vir haar op die bank nie. Dié stoel is die perfekte oplossing! (Boredpanda.com)

 

Is jou baba te groot vir die bababad, maar te klein vir die gewone bad? Hier is ʼn oplossing. (Foto: Boredpanda.com)

 

Hierdie stootwaentjie sal definitief werk vir die 21 ste eeu …(Foto: Boredpanda.com)

Jou kind kan nou teken terwyl hy eet! Miskien sal jou kind nie eens agterkom hy eet spinasie nie. (Foto: Boredpanda.com)

 

Jy wil jou baba se hare was, maar sy gil sodra daar water naby haar oë kom? Hier is ʼn oplossing! (Foto: Boredpanda.com)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pierre de Villiers ·

Ek het nog n baie goeie produk wat ouers se lewe baie kan verander. Gaan kyk op Face Book na Silent Scooter. Dis regtig n baie goeie produk. Sal graag terug wil hoor van julle.
Groete

sug ·

Ontdekkings sê julle? Waar was dit “wegesteek” om ontdek te word. Is dit dalk uitvindsels of patente of sommer net goeie planne?

vonnie ·

dankie tog!! en daar dink ek dat dit net ek is wat sal sê dis ‘n uitvindsel of goeie plan!!!

Erika ·

Goeie idees. Selfs vir ouma wat die kinders oppas. Love dit.

Brenda ·

Die laaste een, om harewas te vergemaklik, bestaan al jare lank! My hare is as baba daarmee gewas (ek is 45 jaar), beide my dogters (tieners) se hare is daarmee in die bad gewas, en ek bere dit vir hulle kinders. Dit is ‘n wonderlike patent en ek kon dit nog nooit opspoor in enige winkel nie.

. ·

Gegewe sug en vonnie se kommentaar, lyk dit my die laaste een is dan wel ‘n ontdekking – as dit reeds jare lank bestaan maar jy dit nog nooit in enige winkel kon opspoor nie, is dit dan êrens weggesteek en nou ontdek! (-;

Chriszelda Steyn ·

ek soek so ding vir die hare was, my dogtertjie skree of sy vermoor word as ek haar hare was lol

Melissa ·

Kyk op takealot…die waskappie en die bad partisie is daar te koop :-)

Baie oulike goedjies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.