Foto’s: Trop blou wilde honde in Rusland opgemerk

Een van die blou wilde honde wat opgemerk is (Foto: ovhdzr/VK.com)

Foto’s van ʼn trop wilde honde in Rusland word wyd versprei oor hul vreemde kleur.

Die foto’s van die honde met hul helderblou pelse is naby die Dzerzhinsk Orgsteklo-aanleg, in Rusland se Nizhny Novgorod-streek, geneem in op die sosialemediawebwerf vk.com gedeel. Die diere se vreemde kleur is vermoedelik veroorsaak deur chemiese afval soos kopersulfaat, aldus die Daily Mail.

Die aanleg was in ʼn stadium ʼn groot fasiliteit waar waterstofsianied en pleksiglas vervaardig is, maar het ses jaar gelede in onbruik verval.

Andrey Mislivets, die aanleg se bankrotskap-bestuurder, het aan Sputnik News gesê die honde het vermoedelik koper-afval gevind en dit het hul pelse blou verkleur. “Wilde honde loop daar rond. Hulle het moontlik op chemiese oorskot, soos kopersulfaat, in een van die geboue afgekom,” het hy gesê. “Ek het ʼn paar jaar gelede gehoor daar is honde wie se pelse ʼn onnatuurlike kleur het. As hulle op iets afkom, is daar niemand wat hulle beheer nie.”

Volgens Mislivets is dit nie moontlik vir die maatskappy, wat finansieel bankrot is, om die honde te vang of te steriliseer nie.

Owerhede in Dzerzhinsk beplan nou om die honde te vang en hulle medies te ondersoek. “Hulle gesondheid moet nagegaan word, en ons moet bepaal hoekom hul pelse verkleur het,” het ʼn woordvoerder vir die regering gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Die honde lyk asof hulle in Avatar moes toneelspeel – ha ha ha

Pierre

Hulle lyk pragtig, en die blou help şekerlik met kamoflering…..blou van die koue as jy my vra

Baardman

Dink eerlikwaar dat indien n hond soveel kopersulfaat inkry dat sy kleur verander, hy verseker sal doodgaan. Dink eerder dis slim fotografie

HerculesJvV

Is julle nie ‘n bietjie vroeg vir April-gek grappe nie?

Hannelie

Blou Bul Honde …..Ha Ha Ha