[Foto’s] Trourok en denim om te wys hoe hulle grootword

Ryan in sy pa se denim Foto's: Brandy Yearous

Ryan in sy pa se denim Foto’s: Brandy Yearous

Brandy Yearous, ʼn ma van twee van Nampa in Idaho, het ʼn baie unieke manier gevind om vir haar twee kinders presies te wys hoe hulle grootword.

Allison en Ryan se ma trek jaarliks op hulle afsonderlike verjaarsdae onderskeidelik ʼn trourok en denim aan om te wys hoe hulle grootword.

Brandy het aan Huffington Post gesê sy het in 2001 met die idee vorendag gekom toe haar seun Ryan gebore is. Sy het haar man se denimbroek vir Ryan aangetrek. “Twee jaar gelede het ons op sy verjaarsdag vergeet om die foto te neem, maar hy het my daaraan herinner,” het sy gesê.

Sy het egter besluit om haar eie trourok, wat sy in 1999 tydens haar troue gedra het, vir Allison te gebruik. Allison het egter aan die Huffington Post gesê sy beplan nie om self die rok met haar eie troue te dra nie, maar sy sien uit na die dag wat die rok haar behoorlik pas en nie meer soos ʼn sak om haar hang nie.

Besoek Brandy se webwerf of haar Facebook-blad
Bron: Huffington Post, Today

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fransie ·

Dis nou anders as die gewone. Miskien verander haar dogter nog eendag van plan en dra wel die rok op haar troudag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.