[Foto’s] Tweeling vier hul 100ste

Foto: Facebook/ fotografacamilalima

Maria Pignaton Pontin en Paulina Pignaton Pandolfi van Brasilië vier op 24 Mei hul 100ste verjaardag.

Die fotograaf Camila Lima (28) van Cariacica in Brasilië het besluit om, as ʼn geskenk, ʼn prettige fotosessie met dié vroue te hou.

“Ek neem gewoonlik jonger pare af, maar toe ek hoor dié twee susters is op die punt om hul 100ste verjaardag te vier wou ek baie graag iets spesiaals vir hulle doen,” sê Lima.

Sy het heelwat moeite gedoen en het sommer ook grimering, uitrustings en eetgoed gereël. Volgens haar was die twee susters vreeslik opgewonde en sy was veral verbaas oor hul energie. “Hulle het nie een keer gekla oor moegheid nie en was ná die sessie steeds opgewek.”

Volgens die Brasiliaanse koerant Gazette News het Pandolfi ses kinders, 19 kleinkinders en 16 agterkleinkinders. Pontin het vyf kinders, 12 kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann cb ·

Die twee dames is tog te oulik! My moeder is ook al 93. Lekker verjaar!

Catryn ·

Dis nou wragtig pragtig … ‘n pragtige ouderdom en baie inspirerend … Mag die twee nog baie gelukkige jare beleef.

Prestasie ·

Wat ‘n uitsonderlike prestasie wat net met groot genade bereik kan word!!
Ek wonder of daar nog tweelinge hiermee kan spog?
Veels geluk aan die tweeling. Oor 25 jaar is ek ook daar . . .

Johan ·

My skoonma word op die 24ste Mei 95 en is nog op en wakker loop meestal sonder `n kierie is gesond en helder van verstand. Sien haarself glad nie as oud nie.

Sonja Coetzee ·

IS SO OULIK DIE KIEKIES EN SO BESONDERE OUDERDOM.ONS HET GEDINK TOE MY OORLEDE OUMA 91 GEWORD HET DIS N BESONDERSE OUDERDOM HIER KOM DIE TANNIES EN WYS OP 100 KAN JY NOG VET PRET HE.HULLE GESIGGIES IS TE KOSBAAR!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.