[Foto’s] Tweelinge net waar jy kyk!

Van die tweelinge by die fees in Twinsburg, Ohio in Amerika Foto: Dustin Franz

Van die tweelinge by die fees in Twinsburg, Ohio in Amerika Foto: Dustin Franz

Beoordelaars moes weer vanjaar kophou toe meer as 2 000 stelle tweelinge ʼn spesiale jaarlikse byeenkoms bygewoon het.

Tweelinge van dwarsoor die wêreld het na Twinsburg, Ohio in Amerika gereis om dié indrukwekkende fees in Augustus by te woon.

Enige tweelinge – identiese tweelinge, spieëltweelinge, drielinge, vierlinge en hul families het die fees bygewoon. Lede van die publiek moet $4 ingangsfooi betaal.

Die fees is vir die eerste keer in 1975 in Twinsburg gehou en die 40ste herdenking het beteken daar was meer as genoeg om vanjaar te vier.

Tweelinge het aan sportaktiwiteite en talentkompetisies deelgeneem. Daar was ook verskeie titels wat hulle kon inpalm soos tweelinge wat die meeste soos mekaar lyk, of die minste na mekaar lyk, die oudste tweeling, die jongste tweeling en selfs die tweeling met die beste kostuum.

Fotograaf Dustin Franz (27) was die amptelike fotograaf. Hy het ʼn tweelingbroer en hulle was al minstens ses keer by dié fees.

Klik hier om meer oor die fees te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.