[Foto’s] Tydelike tatoes vir siek kinders

Die tydelike tatoes wat hy vir die kinders gee. Foto: Facebook via Benjamin Lloyd art collection

Die tydelike tatoes wat hy vir die kinders gee. Foto: Facebook via Benjamin Lloyd art collection

Die Nieu-Seelandse kunstenaar, Benjamin Lloyd, het geweldige positiewe reaksie op sosiale media uitgelok nadat hy aangebied het om tydelike tatoes vir siek kinders in die Auckland Starship-kinderhospitaal te gee as sy Facebook-inskrywing 50 keer ge“like” word.

Lloyd het op Facebook geskryf die tydelike tatoes is bedoel om die kinders weer hoop te gee. “Niks bring vir my meer vreugde as om ʼn kind se selfvertroue ʼn hupstoot te gee met ʼn unieke en tydelike tatoe nie,” het hy op Facebook gesê. “Die enigste slegte ding is dat hulle na die tyd nie wil stort nie!”

Die inskrywing is intussen al meer as 400 000 keer ge“like” en meer as 200 000 keer gedeel op sosiale media.

“Ek het gaan slaap en die inskrywing het soos ʼn veldbrand versprei,” het hy bygevoeg.

Hoewel hy reeds meer as tien jaar met spuitverf werk, het hy onlangs tatoes begin skilder. Lloyd gaan binnekort die kinders by die hospitaal besoek om hulle tydelike tatoes te gee.

Hy het egter al ʼn paar proefkonyne gehad wat dié tatoes wou probeer. Kyk die skattige foto’s van die kinders met tatoes:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

HEVW ·

Ek kan nie dink hoe n foto van n menseskedel n siek kind kan hoop gee nie.. Miskien siek kinders in n siek wereld.

Nugter ·

Dis malligheid om kinders te mismaak deur hulle soos comics te laat lyk, die skepper daarvan moet besoedel wees met ‘n siek brein. En dan nogal skedels, ja wragtag die vent is so mal soos ‘n haas! Is daar regtig niemand in daardie kinderhospitaal wat hom kan reghelp nie?

blommetjie ·

Baie dankie, dat jy n deel en tyd op offer om die kinders te probeer help op jou eie unike manier. Die kinders lyk heel trots op hulle tatoes!!

Verras ·

Dit is n mooi gebaar is dit nie, en ek glo hy vra elke kind om self n prentjie te kies. Wens mense wil ophou vuur spoeg oor n goeie gebaar en self iets begin doen.

Penellope Jones ·

Liewe ouers tog, die dogtertjie in die hooffoto het ‘n kopbeen op haar skouer!! Hoe kan ouers dit toelaat?
Dit gaan ontaard in ‘n mode onder kinders!.

WeesWys ·

Om kosbaar-mooi kinderliggaampies so te mismaak, is ALLERMINS skattig. Dis aaklig.

Annika ·

Ek sien nie fout daarmee nie, alhoewel die tipe prente bietjie te volwasse vir die kinders is. Wat van iets soos Ironman of Barbie, meneer? Ek dink dis ñ goeie inisiatief.

Ansie ·

Komaan mense! Die goed was af…. Dis net julle wat iets soek wat ni da is ni. Het julle enige idee hoeveel dt vir daardie kinderkies beteken het. Hulle lees nie so diep soos julle ni…vir hulle is dt net mooi prente. Sies julle!

Poplap ·

Jis ons ou mensies is darem maar bevooroordeeld. Daar is mense met regte tattoos wat Engele is en daar is mense met regte Bybel in hulle hande wat die duiwel is. Kyk eerder na die glimlaggende gesiggies.

Nico ·

Die laaste sin in die artiekel lees “Kyk die skattige fotos van die kinders met die tatoes.” Nie lank nie of hulle wil regte tatoeerwerk hê. Tatoeerwerk is nog altyd met die heidendom en kriminele subkultuur geassossieer. Waarom wil mense aan hulle gelykvormig word?

Pieter ·

Duidelik weet niemand wat in Australië en New Zealand aangaan nie, om een te kry wat nie n tatoe op het nie is n skaars verskynsel, hier het elke tweede ou een, so as jou ouers bedek is, dink die kleingoed seker dis “cool” en oulik as hulle soos ma en pa lyk, maar oor my dooie liggaam sal ek dit nie op een van my kroos laat doen nie.

Tina ·

As een persoon in die vuur spring moet almal in spring want dit is die mode en moet die kinders ook ingegooi word. Mense kan julle nie meer vir julle self dink nie.

juffie ·

Plaas gee hy vd kinders n bybel of bid hy vir hulle. Die wereld raak net siek. Maar dis wat die bybel se oor die laaste tye. Lyk my daar is nerens meer plek vir God nie. Dia hoekom dinge gaan soos dit gaan. Plaas ons mense weer terugkeer na God en op hom fokus en vertrou vir sake en siektes.

Dawie ·

Mense die ou bedoel goed en dit gee die kinders iets anders om aan te dink as hulle siekte. As julle nie daarvan hou nie is dit julle goeie reg maar, dit is nie nodig om afbrekend te wees daaroor nie. Laat elke persoon sy eie mening vorm en wees net bly jou kind is nie in die hospitaal nie!

Wiebo ·

Hoeveel van julle wat hier bo kommentaar gelewer het is Christene? En dan oordeel julle?

Ruby ·

Wiebo, ek is ‘n Christen.

Ek dink die tydelike tatoes is ‘n oulike idee vir die kinders om bietjie hulle aandag van die pyn af weg te vat en hulle op te beur, maaaar…… kop bene? 1000 maal NEE!!

Om nie saam met iets te stem is anders as om te oordeel, ken die verskil.

Ina ·

Poplap vandag praat jy die waarheid. My eie baas loop met die Bybel onder die arm en die duiwel in haar hart. My dogter het ‘n tattoo op haar pols met Liewe Jesus in haar hart. Jy slaan die spyker op die kop. Ekt al baie werk onder siek kindertjies gedoen, en wat hierdie man doen is amazing. Dis my volgende projek.

Miemie ·

LOVE LOVE <3 DIT KOPBENE EN AL!!! Hulle leef dalk nog net 'n dag of week en dit maak hulle gelukkig hoekom dan nie?

Lee ·

Ag maar dit is oulik. Die kids lyk so happy. Tenminste gaan dit hulle laat beter voel. Ek dink dit lyk cool en hulle is baie trots daarop

Ruby ·

Lee, van “cool” lyk en wees sit baie mense in rehabs en uiterste omstandighede.

Dit kweek die verkeerde gewoontes en waardes en klaar.

Leeukop ·

Skokkend om te sien hoe baie van ons eie mense hier vind dit aanvaarbaar om skedels, universele simbool van dood en die onder wereld, op kinders te tatoeer.

Japie Fouche ·

Deur die eeue het die heidense nasies die begeerte gehad om hulself te tatoeër. Die kinders het ongelukkig nog nie onderskeiding nie, ten minste is dit tydelike tatoos, maar die kans is goed dat hulle eendag die ware Jacob gaan kry. Ons hoef dit gelukkig nie te oordeel nie, want die bybel sê vir ons wat reg en verkeerd is.

Leeukop ·

Die bybel soos deur baie geinterpreteer is dubbelsinnig, ons mag nie oordeel nie maar enige besluit tussen wat “reg” of “verkeerd” is is niks anders as n waardeoordeel nie, wat aan mense gekoppel word.

charlene ·

Ek dink dis `n baie mooi gebaar. MAAR Moela kan julle asb seker maak julle deel die foto’s van die siek kiddies ook. Dit sal ook lekker wees om te sien.
En vir die mense wat so mooi oordeel. Ek glo aan God, en aanbid God, ek steel nie, moor nie bedrieg nie, slaap nie rond nie, vervloek nie en OORDEEL nie, ek is `n vrou en `n ma. Maar ek het tattoos op my en ek is tronts op elke een van hulle! As die mense nie van my hou met my tattoos nie, wel sorry for them. Myne was net nie af nie. En ek sal laat my dogertjie ook van die afwas tattoos kry want dit lyk oulik (sy is nog te jonk om so `n groot besluit te maak soos `n regte tattoo eers as sy bietjie ouer is). Wens net die mense wat hulle Christine noem wil ophou kies en keur wat hulle wil glo en navolg in die Byble…….
Thanks vir die een Maroela en onthou ons opvolg berig toe

Gesiggie ·

Kyk, ja nee ek is ook baie gekant teen tatoos.. maar my dogter (25) het al 4 van dit, ek wou mal raak as sy besluit.. nog een, maar daar kan ek saamstem met Ina.. my dogter het Tatoos, maar sy het Jesus in haar hart… solank dit wat jy doen n goeie beeld uitdra? wat kan daarmee fout wees, en as die ouers gedink het wat die man doen is duiwels? hoekom dit dan toegelaat… solank dit hul hart verbly.. en hul vir n rukkie laat vergeet van die seer… dit is op die einde van die dag, jou eie besluit, wat jy met jou lewe wil doen… ek het toe eendag moed bymekaar gemaak, en n Tatoo met my dogter en seun se voorletters laat opsit…(^_)

charlene ·

En net sodat die ou suurknolle weet mense wat elke dag kerk toe gaan en met die byble onder die arm loop sonder hulle tattoos kan die satan homself wees. Vra my ek het so iemand geken. Hy sy mammie en sy papie – hulle het alam geweet way hy gedoen het en die waarheid probeer weg koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.