Foto’s: Uiters seldsame swart tier opgemerk

Foto: Soumen Bajpayee

Soumen Bajpayee was by die Nandankanan-wildtuin in Indië toe hy op dié donkerkleurige tier afgekom het.

Die amateur-fotograaf was gelukkig genoeg om foto’s van een van Odisha se uiters seldsame swart tiere te neem. Dié donker tiere is op die randjie van uitwissing.

Die melanistiese tier, ʼn seldsame genepoel waar die swart strepe baie meer prominent is as die gewone koninklike bengaalse tier, kom slegs in Odisha voor. Hulle getalle daal vinnig en slegs ʼn handjievol van dié “swart tiere” is in die natuur oor.

Bajpayee (27) was verlede jaar in Februarie in Nandankanan om na voëls te kyk toe hy dié tier opgemerk het. Hy het aanvanklik nie besef hy sien ʼn tier nie. “Ek het na verskeie apies en voëls in die bome gekyk toe ek skielik iets gesien het wat soos ʼn tier lyk, maar nie soos ʼn gewone tier nie,” het Bajpayee gesê. “Ek het in daardie stadium nie enigiets van melanistiese tiere geweet nie. Dit het net skielik in die bos verskyn, ʼn paar sekondes verwyl en toe weer tussen die bome verdwyn.”

Hy het gelukkig vinnig genoeg gereageer en foto’s met sy kamera geneem. “Ek het al baie tiere gesien – in die natuur en in aanhouding – maar hierdie een was heeltemal iets anders.”

Foto’s van die tier is baie gewild ná dit op Instagram gedeel is.

Data van kamera-lokvalle dui daarop dat daar slegs ses of sewe melanistiese tiere in Odisha oor is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ja nee sommige mense is so vernielsugtig, en soms ook vreesbevange, dat hul nie omgee om ‘n hele spesie uit te wis nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.