[Foto’s] Vark nou spekvet en gesond ná meisie hom red

Foto: instagram.com/raisin.jones

Raisin staan ook as Pigcasso bekend oor sy liefde vir skilder, wat volgens sy eienaar een van sy gunsteling aktiwiteite is. Foto: instagram.com/raisin.jones

Nadat Casey Jones van Oklahoma in die VSA ʼn varkplaas in haar tuisdorp besoek het, was sy geskok om te sien in watter omstandighede die diere lewe. Sy het op ʼn drie weke-oue varkie afgekom en besluit sy vat hom saam huis toe.

Die Jones-gesin het die varkie “Raisin” gedoop en dié is nou sommer maats met die hele buurt. Raisin bly reeds ongeveer ʼn jaar by sy nuwe gesin en het baie goed aangepas in sy nuwe huis. Selfs sy honde-boetie het hom met ope pote aanvaar.

Raisin staan ook as Pigcasso bekend oor sy liefde vir skilder, wat volgens sy eienaar een van sy gunsteling aktiwiteite is. Hy kan ook talle bevele uitvoer, soos “sit” en “spring”.

Dié varkie is omtrent soos ʼn kind in die huis en hou veral van slaap en lang stappies om die blok. Hy het baie diere-vriende en is soms ook lekker stout.

Volgens Raisin se Instagram-rekening, wil die stadsraad Raisin uit die Jones-gesin se huis verwyder, omdat varke slegs in die buitewyke van die stad aangehou mag word.

Die Jones-gesin het nou ʼn petisie opgestel om Raisin by hulle te hou. Teken gerus die petisie hier. Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Janine ·

Hoe cute! Sal enige tyd so ‘n troeteldier aanhou. Hy kan seker wraggies nie stouter as my Themba-hond wees nie …

Oupa ·

‘n Varkie in die sitkamer? Hy moes eerder Orwell geheet het! Of Georgie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.