[Foto’s] Verliefdes verloof met 101 Dalmations

Tony Collier en Corinne Jones. Foto: Imgur

Tony Collier en Corinne Jones. Foto: Imgur

ʼn Pasverloofde paartjie van Illinois het die internet aan die gons met hul verlowingsfoto’s wat ʼn bekende toneel uit die fliek 101 Dalmations herskep.

Die paartjie, Tony Collier en Corinne Jones, het in 2009 by die Universiteit van Illinois ontmoet en het ná hulle graad gevang het, saam by Walt Disney World gewerk.

Omdat Corinne ʼn groot aanhanger van dié fliek is, het sy haar fotograaf, Melissa Biggerstaff, gevra om die ontmoetingstoneel van Roger en Anita te herskep vir haar verlowingsfoto’s.

In die toneel verseker Pongo, Roger se hond, dat hy die beeldskone Anita en haar hond, Perdita, ontmoet. Dit speel af teen die wal van ʼn rivier terwyl Anita sit en boeklees. In die verlowingsfoto’s speel die paartjie se honde, Mookie en Izabella, ook oënskynlik ʼn groot rol in hulle romanse.

Hoewel die paartjie se hondekinders nie Dalmations is nie, het hulle gesorg vir byna identiese nabootsings met hul kleredrag en die omgewing.

Die paartjie wat nou in Napierville woon, beplan om in Junie 2016 die knoop deur te haak. Kyk na die fotogalery hier onder. Dit het oorspronklik op Imgur verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.