Toe die Spaanse argitek Ricardo Bofill in 1973 met vakansie in Barcelona was en ʼn vervalle sementfabriek raakgeloop het, het hy nie ʼn murasie gesien nie – Bofill het dié fabriek in 45 jaar in ʼn skouspelagtige en uitsonderlike woonplek omskep.
Dié fabriek, getiteld La fábrica, dateer van die Eerste Wêreldoorlog en sluit 30 silo’s in. Ná jare se bou-en-breekwerk het hy voortgegaan om die buitemure van die gebou met plante te laat toegroei. Die binnekant het hy egter in ʼn moderne paleis omskep.
Bofill skryf op sy webwerf dié projek is steeds in ontwikkeling en sal wees tot die dag wat hy nie meer ʼn argitek is nie, omdat dit “soos die omgewing, voortdurend verander”.
Bron: Ricardo Bofill, Bored Panda
Hierdie is niks nuut nie. Daar is baie sulke geboue in die middestad van Johannesburg. Totaal vervalle buite….en binne vol van die weelderige buit wat daaglike gesteel word uit die omliggende gegoede woonbuurte….
Baie pittig, Johann.
Skerp Johan :)
So so mooi! Enige dag daarheen verhuis!
Mens sien nie sommer so iets hier nie.
So pragtig. En in sulke eg spaanse argitektuur styl.
Dis baie nice, sal nie omgee vir so ‘n vervalle ou fabriek nie! :)
The Silo in Kaapstad is dieselfde konsep
Dit is baie mooi, maar hoe kry mens alles afgestof en skoongemaak?
Jy gaan ‘n hommeltuig (drone) met ‘n vêrestoffer moet kry om die plek af te stof
Sjoe dis stunning!!