Foto’s: Vir altyd ʼn vriend in dié gans

Kyle die gans saam met Mike Jivanjee (Foto: Instagram)

Kyle die gans saam met Mike Jivanjee (Foto: Instagram)

Toe Mike Jivanjee van Oregon in Amerika twee jaar gelede ʼn baba-gansie van verdrinking en bote in ʼn meer gered het, het hy nie besef hy maak van dié gans ʼn lewenslange vriend nie.

Jivanjee het dié gansie in die Oswego-meer in Oregon met ʼn handdoek opgeskep nadat dié se ma en die res van die kroos, hom daar gelos het.

Hoewel hy die gans se ma bykans 100 m verder kon opspoor, het sy die gans verwerp en hom weer agtergelaat.

“Ek het die gansie toe huis toe gevat en besluit ek sal haar grootmaak en dan weer loslaat wanneer sy groot genoeg is,” het hy aan die webwerf Metro vertel.

Jivanjee het die gans Kyle genoem.

“Ek het telkemale probeer om haar vry te laat, maar sy het elke keer net teruggevlieg.  Ek het Kyle al meer as 8 km ver êrens gelos en sy kom elke keer bloot terug.”

Ganse het ʼn baie goeie sin vir rigting, byna soos ʼn ingeboude kompas.

“Kyle se persoonlikheid is baie soos dié van ʼn mens. Sy kan baie jaloers raak as ek te veel aandag aan ander mense gee. Sy raak ook vies en gaps dan goed van ander bote af en gooi dit in die water, of sy kan baie oulik wees en heeldag op my skoot sit. Sy is veral ʼn groot aanhanger van die Discovery-kanaal en die Ellen Show,” het hy bygevoeg.

Vir meer foto’s en daaglikse nuwe inligting, besoek Kyle se Instagram.

Bron: Metro

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Engela de Klerk ·

Tot daai Kanadese gans ‘n maat optel en begin te broei, dan sing jy ‘n ander deuntjie. Hulle bevark die wêreld só dat jy nie kan stap nie – net gans poep! Oulik, tot 300 van hulle in jou plaasdam kom land, soos by ons, hier in Ontario!

Kitty ·

Dis ‘n baie mooi verhaal die, ganse kan ook ‘n beste vriend wees.

Sakkie ·

Ek waardeer sulke stories – diere is beter as baie mense!

E.K. - ek sê net! ·

Sakkie, nes jy sê. diere 1000% meer lojaal en getrou as meeste mense!

Denise ·

Baie oulike storie dit is nou soos hulle in engels sal se friends for life!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.